Christine Coetzee - 12 Desember 2012



12 Desember 2012

Die Bestuur en Raadslede
Huis Onze Rust
Steynsrus
                                                                                                 
INSIDENT : CHRISTINE COETZEE EN MYSELF

Ter agtergrond ek is 'n werknemer by HOR om behulpsaam te wees met die lewering van gemeenskapsdiens. Ek is sedert Februarie 2012 betrokke by die lewering van hierdie diens. Alhoewel daar onlangs eers 'n kontrak gesluit is, is ek nooit die tye wat hierdie diens gelewer moet word meegedeel nie. Nog 'n personeellid, Martha Mofokeng, is ook betrokke by hierdie diens.

Op 11 Desember 2012 het ek eers na 08:00 opgedaag by HOR en is ek op 'n uiters onbeskofte wyse deur Christine Coetzee aangespreek dat ek laat is. Hoe moet ek weet ek is laat as die tye nooit uitgeklaar is nie? Die rede hoekom ek sogenaamd laat was, is omdat ek eers Mev Susan Coetzee se opskepbak by haar gaan kry het, sy is 75 jaar oud en ek wou haar darem nie voor 08:00 daarvoor pla nie. Die dae wat ek vroeg loop is juis om kosaflewerings te doen. Indien dit nie begryp kan word nie, hierdie aksies van my is dus deel van gemeenskapsdiens. Indien Christine op 'n beskaafde wyse die aangeleentheid met my bespreek, dan sou sy geweet het hoekom ek laat was.

Vir weke lank doen ek alleen die kookwerk vir gemeenskapsdiens omrede Martha vir ander take by HOR aangewend word. Die dae wat Martha wel gemeenskapsdiens doen, kom sy soms eers na 09:00 by die werk aan en loop dan ook vroeg. Nog nooit was Martha daaroor aangespreek nie. Hoekom word daar teen my gediskrimineer? Indien ek dit reg verstaan word Martha ook betaal vir die dae wat sy nie betrokke is by gemeenskapsdiens.

Toe Christine my aangespreek het dat ek laat is, het sy dit so hard gedoen dat die ander personeel wat in 'n kantoor verder met die gang af was, elke woord kon hoor. Ek het die personeel gaan groet en hulle het my dadelik uitgevra of ek uitgetrap was. Net daarna kom Christine my konfronteer in die kombuis en dreig my, weereens op 'n bombastiese wyse, dat ek nie dinge agter haar rug moet doen of sê nie. Dit is nogal gedoen in die teenwoordigheid van drie ander personeellede naamlik Johanna, Lydia en Martha. Wat veel erger is, dit kom voor of Christine my en die ander personeel in hulle kantoor afgeluister het. Christine se terloopse en snedige opmerkings oor hoe ek gaan moeilikheid kry, staan my nie aan nie.

Indien ek enigsins fouteer, verwag ek om diskreet en op 'n beskaafde wyse aangespreek te word. Indien hierdie insident die norm is van die kantoorpersoneel dan kry ek die ander personeel en die inwoners baie jammer.

Vriendelike groete



Petro Beukman

Afskrif : Mnr Nothnagel