Christine Coetzee - 27 Februarie 2013



27 Februarie 2013


Geagte mnr Nothnagel
                                                                                                 
INSIDENT : CHRISTINE COETZEE EN MYSELF : HUIS ONZE RUST

Aangeheg ‘n skrywe van my gedateer 12 Desember 2012.

Op 16 Januarie 2013 is daar ‘n samespreking gehou tussen juf Burger, Christine Coetzee en myself. Mev Mavis Nagel was ook teenwoordig. Van die begin af was dit duidelik dat juf Burger nie van voorneme was om Christine aan te spreek nie. Daar was geen ondersoek gedoen nie en daar was geen navrae gerig aan enige betrokke personeel wat ek in my klagte noem nie. Duidelik moes die aangeleentheid so gou moontlik en met die minste konsekwensies vir die kantoor afgehandel word. Die uitslag van die samesprekings is natuurlik dat al die gebeure rondom die klagte toegeskryf word aan 'n misverstand. Na afloop van die samesprekings vra juf Burger aan Christine en Mavis of hulle tevrede is, maar ek wat die klagte ingedien het word dit nie gevra nie.

Hoe kon daar enigsins 'n misverstand wees? Eerstens was die werkstye van die gemeenskapsdiens personeel nooit aan ons meegedeel nie. Die tye kon seker in die dienskontrak gespesifiseer gewees het of ten minste in 'n kort kennisgewing aan ons voorsien geword het. Met ander woorde die kantoor doen nie hulle werk behoorlik nie en dan moet ander personeel daarvoor geld. Tweedens al was daar 'n misverstand oor die werkstye, hoe kan Christine se swak optrede geregverdig word of enigsins aan 'n misverstand toegeskryf word?

My situasie is nie geisoleerd nie. Ek verneem dat van die ander personeel al soortgelyke ervarings gehad het. Die ergste is dat 'n ernstige skriftelike klagte van 'n inwoner na 'n paar maande geen aandag gekry het nie. Die gevolg is dat die personeel en inwoners nie meer vertroue het om enigsins klagtes by die kantoor in te dien nie. Probleme wat nie behoorlik aangespreek word nie het 'n situasie onder 'n sekere "groep" personeel geskep wat die probleme gevolglik al hoe groter maak.

Ek verstaan juf Burger se optrede want sy is net een dag per week op kantoor en kan gevolglik nie die hele dag spandeer net aan een persoon se probleem nie. Verder moet juf Burger blindelings op Christine staatmaak om probleme aan haar oor te dra die dae wat sy self nie op kantoor is nie. Die vraag is net hoe word die probleme oorgedra? Christine het geen ervaring nie en hoe kan sy oordeel wat werklik die situasie is wat sy onder juf Burger se aandag moet bring? Kan die situasie nie dalk uitgebuit word deur Christine om haarself goed te laat lyk en die ander personeel onnodig sleg te laat lyk by juf Burger nie? Geen normale persoon sal homself slegmaak in so geval nie. Nogal 'n kommerwekkende situasie.

Christine het duidelik nie ervaring in 'n groot opset soos 'n ouetehuis nie en haar menseverhoudinge laat veel te wense oor. Indien daar selfs net iets kleins gebeur by HOR dan skop sy 'n groot bohaai op en sorg dan dat die hele ouetehuis op 'n oordrewe wyse daarvan weet en laat weet sy waarskynlik dadelik ook juf Burger en waarskynlik op dieselfde oordrewe wyse. Sy is ook baie vermakerig teenoor die personeel en skroom nie om 'n personeellid voor ander personeellede te verneder nie, kyk maar wat het in my geval gebeur. Christine is uiters onbeskof met die personeel in so mate dat ek my skaam vir haar gedrag. Die ergste is dat Christine arme oom Ingram ('n inwoner!) verskreeu het terwyl hy onskuldig net vir 'n oomblik op 'n stoel in die ingangsportaal gaan sit het. Ek is seker as oom Ingram se familie op daardie oomblik by die ouetehuis ingestap het sou hulle Christine te lyf gegaan het of 'n klag van mishandeling teen HOR aanhangig gemaak het. Christine se optredes pas glad nie in by 'n ouetehuis opset nie en die personeel is nogal negatief hieroor. Net soos in my geval, help dit nie iemand klae by juf Burger nie want enigiets rondom Christine word doodeenvoudig net afgemaak as niks nie. Ek sal seker na hierdie brief weer agteraf geteiken word. In die lig van die vorige samespreking sal ek egter weier om weer 'n samespreking in hierdie verband te hou met juf Burger en Christine want alles sal seker maar weer net 'n as 'n misverstand bestempel word.

Ek glo nie juf Burger is bewus van Christine se onbeskofte optredes nie (wel ek hoop nie so nie) want op Woensdae wanneer juf Burger daar is sit Christine haar beste voet voor en is selfs vriendelik met die personeel. Maar wanneer juf Burger daar uitstap dan sit Christine weer heeldag vasgeplak op haar stoel en blaf vir die personeel wat haar werk vir haar moet doen. Ek vermoed juf Burger kan nie bekostig om Christine te wantrou nie want dit sou beteken dat sy permanent by HOR moet wees en wat dan van Edelkroon? Ek wonder of die geval waar Christine op 'n onverantwoordelike wyse kontant en die tjekboek van HOR in Kroonstad laat verlore gaan het ooit ondersoek was en of dit ook vinnig toegesmeer is. Verder bedryf Christine 'n privaat besigheid en het sy al van die personeel en die amptelike motor gebruik om haar aflewerings in Kroonstad te doen. Geen wonder die ander personeel mag deesdae nie meer met die amptelike motor Kroonstad toe ry om aankope te doen nie, net Christine mag, ek wonder hoekom?

Kortom is die huidige situasie by HOR sonder 'n voltydse betuurder ongesond en dit werk doodeenvoudig nie. Daar is bittermin organisasie en geen behoorlike kommunikasie nie, die kantoor funksioneer dus nie ten volle nie en met Christine se geaardheid en tekort aan ervaring maak dit net soveel erger. Dit het my byvoorbeeld etlike weke geneem om net 'n afskrif van my dienskontrak te bekom. Met 'n voltydse ervare en innoverende bestuurder sal dit waarskynlik baie beter gaan met HOR en glo ek Christine se optredes sal ook baie verander. HOR het soveel potensiaal maar daar gaan niks van kom soos die opset nou is nie. Dit is net 'n jammerte dat die inwoners (en personeel) ontneem moet word van die voordele wat 'n goed georganiseerde ouetehuis kan bied. Tans kan HOR seker net gesien word as 'n plek waar die inwoners die dood afwag, wat word daar andersins vir hulle gebied?


Vriendelike groete


Petro Beukman