Mavis Nagel - Vulgêre Optrede



Hier in die begin van 2014 het ek vroeg die oggend begin met die kook van die gemeenskapsdienskos by ONZE RUST. Ek het saam met die personeel koffie gedrink in die eetsaal. Daar was ook ‘n paar inwoners in die eetsaal.

Mavis Nagel die stafverpleegster het die eetsaal binnegekom en met ‘n idiotiese danspassie wat sy uitgevoer het met die een arm wat bo haar kop swaai en met die ander hand wat sy oor haar privaatdele gevryf het, het sy kliphard gesê: “ek is oraait ek het tog goeie seks gehad.” My ma het vir die Nagel gevra om haar te gedra. Hierop het die Nagel eers te kere gegaan met haar vulgêre danspassie met die woorde: “julle is net jaloers omdat ek goeie seks gehad het.” Daar was ‘n paar inwoners nog in die eetsaal.

Ek kan my net voorstel hoe verontwaardig van hierdie inwoners moes wees oor die voorval. Van hierdie inwoners het waarskynlik hoë Christelikewaardes. Hierdie voorval het plaasgevind kort nadat sy die broer van ‘n inwoner ontmoet het en sommer dadelik met hom in die bed gespring het, dit is immers wat sy self in die eetsaal beweer het.

‘n Skriftelike klagte oor hierdie insident is by ONZE RUST ingedien en daar is absoluut niks aan die saak gedoen nie. Hoekom nie?

1. Is hierdie lae optrede dalk die aanvaarbare norm van ONZE RUST?
2. Is dit dalk hoe min ONZE RUST omgee vir die inwoners dat sulke lae optredes toegelaat word?